Gaan Afrikaans verdwyn
Alles sal regkom as elkeen net sy kant bring, het president Jan Brand gesê. Wat sou hy sê as hy sou lees dat RW Johnson in die Britse Prospect tydskrif voorspel dat Afrikaans en ander Suid Afrikaanse inheemse tale gelydelik heeltemal gaan verdwyn? En sou dit wel so uitdraai, is dit nie gruwelik en bitter dat die kolonialis steeds oorwinnings oor ons gaan behaal, ook in die toekoms nie? Lank nadat hy enigiets gedoen het om dit te bewerk , veroorsaak ‘n siekte wat ons nou het, en wat deur kolonialisme veroorsaak is, dat ons ons eie tale versaak.
