boorgat

May 9, 2006

Ag nee, Oompie Daan

Filed under: Politiek

Oompie Daan skryf ‘n brief in Beeld waarin hy sê:

“Danksy kolonialisme is dinge soos kos, skole, kerke, klinieke, onderhandelings, laetegnologie-sinkplate en hoëtegnologie-selfone deel van Afrika se ervaringswêreld. En die massa - openlik of heimlik - is versot op Euro-gesentreerde dinge!”

Ek kan my voorstel hoe Oompie Daan selftevrede terugleun, biertjie in die hand wanneer hy dit sê. Ek wonder hoeveel Afrikaanse mense glo sulke twak! Tegnologie het nog nooit ‘n probleem gehad om vreedsaam na ander lande te versprei nie. Tydens die Industriele Revolusie is Britse ontwikkelings en innovasies gou deur ander Europese moonthede nageboots. Vandag versprei selfoonnetwerke en die Internet vreedsaam deur Afrika.
Daar is eenvoudig niks goeds om van kolonialisme te sê nie - die Afrikaner het tog self die bitterheid daarvan gesmaak. Afgebrande plase, dood, verkragting en ongeregtigheid. Die ervaring van ander Afrika lande en Indie was soortgelyk.

Vandag is daar baie Afrikaanse mans wat weens regstellende aksie en die einde van wit bevoorregting dit nie so maklik vind om die baas te wees, of selfs werk te kry nie. Daarvoor het ek simpatie, maar dit voel vir my die drang om swart mense tydig en ontydig daaraan te herinner dat tegnologie grootliks ‘n Westerse geskiedenis het, is ‘n reaksie op hierdie verlies aan mag en geleenthede. En dis ‘n dom reaksie om twee redes:

Eerstens het dit niks met enigeiets wat vir ons van belang is, te doen nie. Afrikaanse mans moet eerder direk vir hul eie regte opstaan of ‘n ander plan maak, bv ‘n eie besigheid, as om swart mense te beledig met sulke uitlatings wat maar net nog meer vyande vir die Afrikaner maak.
Tweedens lyk dit na ‘n poging om ons sin vir eiewaarde te probeer verbeter. Die onuitgesproke aanspraak is dat omdat die meeste tegnologie in Amerika en Europa ontwikkel is, ons as blanke Suid Afrikaners op een of ander ongenoemde manier (agv ons blanke velle) kan deel aan daardie Westerse prestasies. Dit is ongelukkig nie so nie, net so min as wat die vet oom op die paviljoen deel het aan die prestasies van die fikse sportmanne op die veld, al voel dit miskien vir hom so. Ek glo mens moet eerder net op jou eie, persoonlike prestasies trots wees (of dalk rede vir verbetering sien!)

1 Comment »

The URI to TrackBack this entry is: http://boorgat.blogsome.com/2006/05/09/ag-nee-oompie-daan/trackback/

  1. Oompie daan sê: “Danksy kolonialisme is dinge soos kos ..deel van Afrika se ervaringswêreld”
    Hoe het Afrikane oorleef voordat kos “deel was van hul ervaringswêreld”?!?

    Comment by Administrator — May 9, 2006 @ 2:03 pm

RSS feed for comments on this post.

Leave a comment

Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>



Anti-spam measure: please retype the above text into the box provided.






















Get free blog up and running in minutes with Blogsome
Theme designed by Hadley Wickham