Om beter te kan skryf
My stuk oor Oompie Daan is ook in Beeld as brief publiseer (in veranderde vorm). In die proses het ek by Beeld se briewe redakteur ‘n paar lesse in Afrikaans gekry, en ook besef dat ek ‘n HAT nodig het. Eintlik behoort daar oordentlike woordeboeke vir Afrikaans op die Internet te wees.
Dis verstommend hoe sleg sommige webjoernale kan werk. Byvoorbeeld mensewat elke 2de woord ‘n skakel maak - mens kan mos nie so lees nie!
Wat sal gebeur as ek ‘n lang stuk so skryf?
