Hoe om in Web 2.0 te bewys jy is agterlik
1. Maak ‘n video van iets grusaam
2. Sit dit op YouTube
1. Maak ‘n video van iets grusaam
2. Sit dit op YouTube
http://www.news24.com/News24v2/Components/Generic/news24RSSFeed/0,,3,00.xml
http://www.news24.com/News24v2/Components/Generic/news24RSSFeed/0,,6,00.xml
http://www.news24.com/News24v2/Components/Generic/news24RSSFeed/0,,975,00.xml
Ek weet nie of mens moet lag of huil oor die lang Engelse adresse, en die feit dat Engelse koerante in SA dit al jare lank dit het nie, maar dis nogtans welkom.
Alles. Trotse ou koerante soos Die Volksblad het Engelse adresse op die Internet, bv http://www.news24.com/Die_Volksblad/Home. Dit is meer as net ‘n tegniese detailtjie - elke skakel na ons Afrikaanse koerante van enige ander webwerf af, moet met hierdie langdradige Engelse skakels opgeskeep sit. Skakels en soekenjins is eintlik alles op die Internet. Die skakel is eintlik jou hele identiteit, en bepaal hoe belangrik soekenjins jou webwerf ag. ‘n Webwerf word gewoonlik eerder vanaf ‘n soekenjin of ‘n skakel besoek, as vanaf die webwerf se voorblad. Dus maak dit sin om al jou skakels te handhaaf - dit verhoog die kans dat iemand wat by ‘n soekenjin begin by jou weblad kan beland.
Maar News24 hou nie hierdie skakels stand nie. Elke nou en dan kom ek agter dat ‘n artikel waarvan ek gehou het, net nie meer daar is nie.
Een of ander Engelssprekende IT knaap wat vir News24 werk, het dit seker verwyder. Want wat maak dit tog saak vir hom?
Ons koerante het ‘n plig om die geskiedenis wat hulle opgeteken het aan navorsers beskikbaar te stel.
Met die Internet hoef jy nie na die koerant se stowwerige ou argief te gaan nie - jy hoef nie eers in dieselfde stad of land te wees nie (of dis hoe dit kon gewees het, as ons koerante hierdie taak self opgneem het).
Met News24, beheer elke koerant nie self wat op die Internet met hom gebeur nie, en dit wys.
Vir hoe lank was daar nie eens een enkele Afrikaanse koerant wat RSS voere gehad het nie. Om die waarheid te se, ek het vandag gesien dat Beeld dit darem het - maar tot kort gelede was dit nie bekikbaar nie.
Afrikaanse koerante slaaploop na die dag wat breeband toegang algemeen in SA is - dis nie meer ver nie. Hoeveel mense gaan dan nog koerante koop? Waar is die innovasie om vir die nuwe media gereed te maak?
Byvoorbeeld dinge soos die Britse Guardian se uitstekende Comment is Free
Dit is die koerant se antwoord op webjoernale en die joernalisme van die individu.
Want met webjoernale en digitale kameras kan elkeen deesdae ‘n joernalis, kommentator en opinievormer wees (citizen’s journalism). Maar met Comment is Free, slaag die Guardian daarin om belangrik te bly en meer interessant te wees as die meeste politieke webjoernale. Trouens, Comment is Free het in ‘n baie kort tydjie een van die gewildste en belangrikste webwerwe in Brittanje, en self buite die land, geword. Dit is omdat die koerant self iets kon doen omtrent die uitdagings van die nuwe era.
Daar is nie eers (sover ek weet) ‘n Afrikaanse soekenjin nie. Dit is iets wat Afrikaanse koerante maklik sou kon daarstel as hulle dinamies was op die gebied van tegnologie. Maar hulle is nie, en kan nie eers wees nie, want die webbladsye is mos die verantwoordelikheid van News24 - ‘n identiteitlose ding wat nie Afrikaans se belang op die hart dra nie.
Eintlik sal ek graag wil weet hoe het NasPers besluit om sy hele web-poging ‘n Engelse naam te gee. Geld het maar gepraat, en Afrikaans het skynbaar nie getel nie. Maar hierdie finansiele berekening sal beslis verkeerd bewys word, want die waarde van gevestigde en gerespekteerde name soos Die Volksblad, Burger en Beeld is baie meer as die niksseggende News24
Engelsprekendes lees nie juis News24 nie, hulle lees eerder die Engelse koerante wat hulle ken. Deur alles vir almal te probeer wees faal News24 in net mooi alles. Niks (behalwe visieloosheid) verhinder NasPers as eienaar van ‘n hele klomp koerante, om elke koerant sy eie webwerf met sy eie naam en identiteit te laat kry nie.
NasPers is nou die maatskappy wie se koerante darem nog vir Afrikaans probeer stry, maar die NasPers grootbase blyk te gierig en sleg te wees.
Daarom sien ek uit na die dag wat individuele joernaliste met Afrikaanse webladsye (met Afrikaanse name) vir News24 begin aanvat. Daai dag is net om die draai.
Ou nuus al, maar Google se aankoop van YouTube gee my nog steeds ‘n pyn. YouTube is nou waar jy (as dit jou tipe ding is) America’s Funniest Home Videos in klein, lae gehalte, lae resolusie op jou rekenaar kan kyk in plaas van op TV. Hiervoor is $1.65 biljoen (miljaart?) betaal. Op die Internet gaan alles daaroor om die gevestigde naam te wees ens, word gese. Miskien. Maar daar was ‘n tyd toe Netscape.com geheers het. En Altavista (altavista.digital.net), was die grootse en beste soekenjin. Waar is hulle nou?
Ongelukkig is ek nie ‘n Google aandeelhouer nie. Maar as ek was sou bitter omgekrap gewees het.
Miskien is die titel van my vorige stuk -Die vernedering van hulp - oordrewe. Niemand kan seker se dat hy alles wat hy het self bereik het, sonder enige hulp nie. Iemand het maar gehelp - ouers, mentors, en ander weldoeners of selfs die staat. Nietemin, Paul Graham skryf baie interessant oor ongelykheid en tegnologie, talent en diefstal , en ek dink in sy artikel kan goeie argumente teen ‘n basiese inkomstetoelae gevind word. Volgens hom is daar basies net 2 stelsels - korrupsie, en welvaartskepping. In SA moet ons keer dat dit bars of dit gaan na eersgenoemde stelsel. Dit kan nie goed wees in die lang termyn as die verband tussen werk en welvaart verswak word nie. ‘n Kind dink daar is net ‘n sekere hoeveelheid welvaart, en dat Pappa dit regverdig moet verdeel. In werklikheid kan en moet elkeen (behalwe kinders) welvaart skep.
Ek dink JP Landman se argument dat BIT net herverdeling (en nie groei nie), kan veroorsaak is onomstootbaar. So die vraag na BIT is basies ‘n vraag oor herverdeling.
Konstant positiewe ekonomiese groei met lae inflasie blyk moontlik te wees, behalwe in sekere uiterste gevalle, soos Japan wat sukkel om sterk te groei omdat die meeste behoeftes bevredig is, en lande wat so swak regeer word, dat daar nie die nodige sekuriteit bestaan wat nodig is vir groei nie - bv Zimbabwe. Buiten hierdie grensgevalle kry die meeste lande dit reg om inflasie in toom te hou en om volhoubaar sterk te groei. Veral ontwikkelende lande behoort sommer sterk te groei - bv China is besig om so miljoene mense uit armoede te lig, maar selfs die res van Afrika, waar die gemiddelde groei omtrent 5% is.
Pres Mbeki verstaan ekonomie, en baie mense besing gedurig sy (en Manuel en Mboweni) se hantering van die ekonomie. Ek dink ons moet eerder begin vra hoekom SA nie so sterk groei soos China nie.
Die bestandele van die resep vir groei is nie meer ‘n geheim nie:
Dit bestaan uit ‘n staat wat moontlikhede skep deur verstandig te bele in infrastruktuur en opleiding. Hou inflasie in toom, belastings laag, wees kompeterend, en handaaf wet en orde. Gebrek aan laasgenoemde is ook seker die hoofrede waarom SA nie vinnig genoeg kan groei nie.
One Kenyan man’s mission: free Africa from yoke of aid
Do-gooders help to pave the road to Malawian hell
Does aid work? Yes - for Britain
Reflections on the politics of aid in Africa
Ek het argumente en skakels oor herverdeling, hulp, en internasionale hulp miskien te woes vermeng hier - dis nie presies dieselfde ding nie. Maar ek dink dis soortgelyk genoeg vir my argument.
Die enigste goeie ding wat die ryke vir die arme kan doen, is om vir hom werk te gee - en dan die beste van sy werknemer te verwag.
Get free blog up and running in minutes with Blogsome
Theme designed by Hadley Wickham