Ongelykheid
Miskien is die titel van my vorige stuk -Die vernedering van hulp - oordrewe. Niemand kan seker se dat hy alles wat hy het self bereik het, sonder enige hulp nie. Iemand het maar gehelp - ouers, mentors, en ander weldoeners of selfs die staat. Nietemin, Paul Graham skryf baie interessant oor ongelykheid en tegnologie, talent en diefstal , en ek dink in sy artikel kan goeie argumente teen ‘n basiese inkomstetoelae gevind word. Volgens hom is daar basies net 2 stelsels - korrupsie, en welvaartskepping. In SA moet ons keer dat dit bars of dit gaan na eersgenoemde stelsel. Dit kan nie goed wees in die lang termyn as die verband tussen werk en welvaart verswak word nie. ‘n Kind dink daar is net ‘n sekere hoeveelheid welvaart, en dat Pappa dit regverdig moet verdeel. In werklikheid kan en moet elkeen (behalwe kinders) welvaart skep.
