boorgat

January 6, 2007

Korporatiewe armlastigheid

Filed under: Afrikaans, Politiek, Ekonomie

checkers
Bourommel en grondhope by Checkers in Fleurdal, Bloemfontein. Hierdie bourommel is ouer as die nuwe Suid-Afrika - dit lê al daar sedert die winkelsentrum gebou is - meer as 15 jaar gelede. Dit ondanks die feit dat hierdie yslike inkopiesentrum seker miljoene rande wins per dag maak, te oordeel aan die duisende karre wat daar stop. Die maatskappye wat hier winkels het, insluitende die reus, Checkers, kan hierdie bourommel verwyder en ‘n netjiese taxi-stasie bou sonder groot koste, maar dit gebeur eenvoudig nie.

Hoekom nie?

Die gierigheid en maatskaplike onverskilligheid van sommige maatskappye kan hieruit gesien word, maar ek sou eerder sê die hoofrede is die gemeenskap se politieke magteloosheid. Die Afrikaanse mense wat rondom hierdie onooglike plek woon, is nie gewoond daaraan om politieke mag uit te oefen nie. As hulle hul politieke mag ontdek sou hulle vinnig die probleem kon oplos.

Hul eerste stappe kan briewe aan Checkers, die koerant en die stadsraad wees. Dit sou waarskynlik genoeg wees om die winkels te dwing om die plek reg te maak, want die volgende stappe is regsaksie (want daar is sekerlik munisipale en veiligheidsregulasies ter sprake), en ‘n verbruikersboikot.

Trouens, ek het het sopas ‘n epos gestuur aan contact@shoprite.co.za - sommer in Afrikaans want Shoprite - Checkers is mos in Afrikaanse besit. Die korporatiewe posadres en telefoonnommer is ook hier.

1 Comment »

The URI to TrackBack this entry is: http://boorgat.blogsome.com/2007/01/06/korporatiewe-armlastigheid/trackback/

  1. Ek het die belowende reaksie hieronder van Shoprite/Checkers ontvang:
    —-
    Dankie dat u ons webtuiste besoek het en vir die besonderhede oor u ongelukkigheid met die hoop bourommel by Checkers Hyper Bloemfontein.

    Die besonderhede hiervan is aan Jaco de Swardt, die Divisionele Direkteur van die Noord-Kaap en Vrystaat Divisie, oorgedra. Hy sal onmiddellik aandag aan die saak skenk en ons sal met u in verbinding tree en terugvoering oor die aangeleentheid gee.

    Ten slotte bedank ek u namens die supermarkgroep vir u ondersteuning en vir die tyd wat u afgestaan het om die probleem onder ons aandag te bring.

    Vriendelike groete,
    Lynne Eastes
    ———

    Comment by Administrator — January 8, 2007 @ 8:08 pm

RSS feed for comments on this post.

Leave a comment

Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>



Anti-spam measure: please retype the above text into the box provided.






















Get free blog up and running in minutes with Blogsome
Theme designed by Hadley Wickham