Gebruik eerder die argief
News24 ervaar vandag probleme (sien hieronder). Maar van hul artikels vir vandag is reeds in die argief te lese, bv: SA gemaan teen troepe in Somalië. Trouens, die argief is dalk beter as die news24 webblad in nog ‘n opsig: skakels na die argief kan dalk behoue bly, terwyl skakels na die news24 webblad sonder waarskuwing verdwyn. Miskien moet News24 Mathhew Buckland (wat die Web weergawe van die Mail & Guardian begin het), se artikel artikel Online Permanence lees.

